Additional Resource

COVID-19 Opdateer (Afrikaans)

Opdateer: Byeenkomste van Kerk Lede Tydelik Opgeskort Wêreldwyd

Plaaslike leiers sal beraadslaag hoe om die nagmaal ten minste een maal per maand aan lede beskikbaar te maak.

Die Eerste Presidensie en die Raad van die Twaalf Apostels van die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste dae het die volgende brief op die 12de Maart 2020, aan alle Kerk lede wêreldwyd gestuur.

Liewe Broers en Susters,

Soos belowe in ons brief van 11 Maart, 2020, hou ons steeds aan om die veranderende toestande te monitor met betrekking tot COVID-19 dwarsdeur die wêreld. Ons het die raad van plaaslike Kerk leiers, regerings beamptes en mediese kundiges oorweeg en het die Here se leiding in hierdie saak uitgesoek. Ons voorsien nou die volgende opgedateerde rigting.

Met onmiddellike effek, alle publieke vergaderinge van Kerk lede sal tydelik opgeskort word, wêreldwyd tot verdere kennisgewing. Dit sluit in:

  • Pen konferensies, leierskap konferensies en ander groot byeenkomste
  • Alle publieke eredienste, insluitende die nagmaal diens
  • Tak, wyk of pen aktiwiteite

Waar moontlik, hou asseblief enige noodsaaklike leierskap vergaderinge via tegnologie. Spesifieke vrae mag aan plaaslike priesterskap leiers verwys word. Verdere rigting met betrekking tot ander sake sal verskaf word.

Biskoppe moet met hul pen president beraadslaag om te bepaal hoe om die nagmaal ten minste een maal per maand aan lede beskikbaar te maak.

Ons moedig lede aan om in hulle bediening pogings vir mekaar te sorg. Ons kan die Saligmaker se voorbeeld volg deur andere te seën en op te lig.

Ons getuig van die Here se liefde gedurende hierdie tyd van onsekerheid. Hy sal julle seën om vreugde te vind soos julle jul beste doen om die evangelie van Jesus Christus in alle omstandighede te leef.

Opreg,

Die Eerste Presidensie en die Kworum van die Twaalf Apostels

Style Guide Note:When reporting about The Church of Jesus Christ of Latter-day Saints, please use the complete name of the Church in the first reference. For more information on the use of the name of the Church, go to our online Style Guide.